Britse prins

SKH die Hertog van Edinburg, eggenoot en gemaal van die voormalige koningin.
SKM koning Charles III, voorheen die Prins van Wallis en die oudste seun en opvolger van die koningin.
SKH die Prins van Wallis, oudste seun van koning Charles, die voormalige Prins van Wallis.
SKH prins George van Wallis, die oudste seun van prins William, 'n kleinseun van koning Charles en agterkleinseun van die voormalige koningin.

Prins van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland is ’n koninklike titel wat gewoonlik gehou word deur die seuns en sommige kleinseuns van regerende en voormalige Britse monarge. Dit is ook toegeken aan die Hertog van Edinburg, die eggenoot en gemaal van koningin Elizabeth II. Die titel word toegeken deur die regerende monarg, wat die bron van alle titels is, deur die uitreiking van ’n patentbrief as ’n uitdrukking van die koninklike wil.

Mans met die titel prins word gewoonlik aangespreek as Koninklike Hoogheid. Wanneer ’n prins trou, kry sy vrou, indien sy nie reeds ’n prinses is nie, die beleefdheidstitel van haar man se prinslike titel. Die vrou van prins Michael van Kent is byvoorbeeld bekend onder die beleefdheidstitel prinses Michael van Kent. Die huidige gebruik is dat die prins op sy troudag 'n tweede titel kry wat dan deur die vrou aangeneem word, soos prins William en sy vrou, Catherine, wat die Hertog en Hertogin van Cambridge geword het.

Hoewel Diana, Prinses van Wallis, gewoonlik in die pers "prinses Diana" genoem is, het sy nooit amptelik dié titel gehad nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy